MunicipalNews

Munisipaliteit faal om aandag te gee aan Evander Begraafplaas

Sy het op Evander grootgeword en haar pa het vir 45 jaar by Winkelhaakmyn gewerk. Me. Koen het vir 29 jaar by Hoërskool Evander gewerk.

EVANDER – Plaaslike inwoners is ongelukkig oor die toestand van Evander se begraafplaas en wil hê die munisipaliteit moet aan dié probleem aandag gee.

Me. Marie Koen en haar gesin het onlangs vanaf Pretoria na Evander gery om haar pa se graf te besoek en was geskok om te sien hoe die begraafplaas lyk. “Die pad soontoe is byna onbegaanbaar en die gras is skouerlengte lank,” het me. Koen gesê.

Sy het op Evander grootgeword en haar pa het vir 45 jaar by Winkelhaakmyn gewerk. Me. Koen het vir 29 jaar by Hoërskool Evander gewerk.

“Evander is in my bloed, dit was hartverskeurend om te sien hoe die begraafplaas agteruitgegaan het.

“Van my ander familie en vriende is ook daar begrawe.”

Mnr. Donald Green, skakelbeampte van Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê die munisipaliteit is bewus van verskeie klagtes van die gemeenskap oor die probleem met gras wat te lank is, maar weens die reën, meganiese probleme en logistieke probleme, kon die departement nog nie by al die plekke uitkom om die gras te sny nie en die skedule agter.

Hy het gesê die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat dit veroorsaak het en hy het inwoners gemaan om geduldig te wees gedurende dié tyd van die jaar.

“Dit is die norm om tussen Januarie en April jaarliks dié soort probleme met die sny van die gras te hê,” het mnr. Green verduidelik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button