MunicipalNews

Leandra-inwoners is moeg vir Govan Mbeki Munisipaliteit

Inwoners gooi swartsakke voor munisipale kantore.

LEANDRA – Inwoners is keelvol vir Govan Mbeki Munisipaliteit se swak dienslewering op Leandra.

Volgens mnr. Steven van Vuuren, het munisipale werkers twee maande laas die riool uitgesuig.

“Ons pomp dit nou maar in die strate in, want wat anders moet ons doen?” het mnr. Van Vuuren gesê.

“Die reuk van riool hang hier en ons kos proe sleg weens die stank wat hier aan alles plak.”

Vullis word nie verwyder nie en van die inwoners het hul vullis voor die munisipale kantore op Leandra se hekke gaan sit om hul punt duideliker te stel, maar munisipale werkers het dié vullis glo net uit die pad geskuif en ry verby dit om in en uit die hek by die munisipale kantore te beweeg.

‘n Pyp wat gelek het, is deur munisipale werkers herstel, maar dit lek steeds.

“Ek moes die gat self grou en hulle het toe kom kyk, maar die pyp het steeds gelek nadat hulle klaar is.

“Hulle het gesê hulle gaan die volgende dag terugkom om dit reg te maak.

“Wel dit is nou al bykans twee maande later en hulle was nog nooit weer terug nie.”

Om die munisipaliteit te skakel, help glo nie en mnr. Van Vuuren se klagtes val net op dowe ore of word volgens hom, met leuens begroet.

“As ek die munisipaliteit skakel, sê hulle net hulle sal die span uitstuur en as ek die span skakel, sê hulle hulle wag vir onderdele om dit reg te maak.

“Ons weet die munisipaliteit is bankort en het nie geld nie en dit is hoekom dit so sleg gaan.

“Ons is al moeg vir al hulle verskonings, so ons skakel hulle nie meer nie, want dit help in elk geval niks nie.”

Mnr. Donald Green, skakelbeampte van Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê die provinsiale department en munisipale amptenare het verlede week Leandra besoek om die probleme met dienslewering te ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button