Die AJ Swanepoel Stadion in Ermelo waar menigte sportklub se klubhuise was, se geriewe word deur vandale en haweloses oorgeneem.
Dié stadion beskik oor ‘n tartanbaan, ‘n ringbalbaan en tennisbane asook rugby- en sokkervelde.
Die Hoëvelder het onlangs egter verneem dat die Stingrays Ringbalklub wat eers by die stadion geoefen het, noodgedwonge ‘n nuwe perseel vir hul klub moes kry.

Haweloses het hul klubhuis oorgeneem en dit het volgens dié klub se bestuur onveilig geraak vir die spanne om in die aande dáár te oefen.
Mnr. Charlie Groenewald, klubvoorsitter, het vertel dat hulle veilige oefenaande wil aanbied en het daarom besluit om eerder te skuif.
Die agt tennisbane by die stadium lê en bak in die son met talle krake wat reeds op die sementoppervlakte gevorm het.

Daar is ook geen meer nette by enige van die bane in sig nie.
Die Hoëvelder het in sy uitgawe van 26 Julie 2019, (Tennisklub ‘n oogseer), berig dat volgens mnr. Mandla Zwane, woordvoerder van die Msukaligwa Munisipaliteit, hulle deurlopend aansoek doen vir geld van die provinsiale en nasionale regering om die tennisbane te herstel.
Dit is nou meer as ‘n jaar later en daar steeds is geen verbetering aan dié geriewe nie.
Met die terrein en heinings wat nie onderhou word nie, het die geboue verval en ‘n speelplek vir vandale geword.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.




