MunicipalNews

Smeer jou vet vir nat paaie op Standerton

Motoriste slinger van een kant van die pad na die ander om slaggate te vermy en moet vir lief met ’n verbrokkelde roete neem.

Maak geen fout nie, Schwickard- en Colignystraat het kompetisie.

Deur slegs op een blok te fokus, kon verskeie munisipale probleme op Woensdag 28 April in Bergstraat geïdentifiseer word.

Die Standerton Advertiser het tussen Berg- en Paarlstraat, by die kruising met Burgerstraat, ‘n stormwatersloot en drein wat oorloop, opgemerk.

Die kruising is in ‘n verinneweerde toestand met die pad wat verkrummel het in weerwil van die sand en gruis wat oorgegooi is.

Met die terugkeer, kon die vloei van die water tot by Paarlstraat gevolg word.

Burgerstraat met sy slaggate word gereeld deur vragmotors se leerlingbestuurders gebruik, wat ooswaarts na Buitenstraat en die vervalle swembad, lei.

Motoriste slinger van een kant van die pad na die ander om slaggate te vermy en moet vir lief neem met ‘n verbrokkelde roete.

Die toestand van paaie op Standerton is ‘n besprekingspunt vir sowel inwoners as sakelui.

Sekere gedeeltes van Stanwest lyk in dié stadium beter as gedeeltes in die middedorp.

Die koerant het op Donderdag 29 April gepoog om ‘n afspraak met die burgemeester, mnr. Linda Dhlamini, te maak en het ‘n WhatsApp-boodskap aan die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur.

Behalwe om mnr. Dhlamini die geleentheid te gee om sy visie vir Standerton te verwoord, sou vrae oor munispale prioriteite gestel word.

Tydens ‘n besoek op 22 April na die plaaslike ANC-kantoor in Kerkstraat, het die provinsiale woordvoerder, mnr. Filemon Lukhele, paaie as ‘n brandpunt genoem.

Me. Mtshiselwa het via WhatsApp aangedui dat die versoek om ‘n onderhoud na die bestuurder in die burgemeester se kantoor, mnr. Mandla Mphuthi, aangestuur is.

Die deurdringende reën wat reeds vroegoggend op Vrydag 30 April begin val het, het bestuursrisiko’s ingehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button