Die bejaarde mnr. Henk Burgers van Vrede het Sondagoggend 27 Junie aan sy wonde in die Vrede Hospitaal beswyk.
Volgens die woordvoerder van die Vrede Polisie, adj.-off. Moporeng, is ’n moorddossier geopen.
Inligting dui daarop dat mnr. Burgers wat alleen in die huis was, reeds in die bed was die Saterdagnag toe twee aanvallers in die kombuis gehoor is.
Hy het ondersoek gaan instel en is aangeval.
Die aanvallers het daarna gevlug.
Adj.-off. Moporeng het gesê dat mnr. Burgers terug bed toe is en later van rook in die huis bewus geword het.
Die huis is aan die brand gesteek en ’n buurman het hom te hulp gesnel.
Hy is in die hospitaal dood.
Die wapens wat in die aanval gebruik is, kon nie bevestig word nie.
’n Nadoodse ondersoek sal ook gedoen word.
Die oorsaak van die brand moet ook bepaal word.
“Die polisie ondersoek die saak,” het die woordvoerder mee afgesluit.



