ERMELO – Die polisie doen ’n beroep op inwoners om waaksaam te wees wanneer hul ’n OTM gebruik.
’n Man is op 24 Julie by ’n OTM van sy bankkaart en kontant beroof.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie, het ’n onbekende man voorgegee om sy geld te tel terwyl die klaer van sy geld onttrek het.
Sy sê nadat die klaer sy transaksie by die OTM voltooi het, het die man sy bankkaart en kontant gegryp en weggehardloop.
Kapt. Prinsloo het gesê: “Mense moet veral bedag wees op die omgewing en die mense rondom hulle wanneer hulle van ’n OTM gebruik maak.”
Sy het die publiek aangeraai om iemand saam te neem na ’n OTM toe indien moontlik.



