CrimeNews

Voertuigvenster stukkend geskiet op Secunda

Skietvoorval vind in Helen Josephstraat naby Piet Retiefstraat en Bellstraat plaas.

’n Plaaslike egpaar het op Vrydag, 9 Julie, groot geskrik toe hulle in Helen Josephstraat gery het en ’n harde slag gehoor het.

“Dit het geklink of iets ontplof en ons het net glasstukke gesien, maar my man het gesê iemand het op ons geskiet,” het die vrou gesê.

Haar man het gestop om te kyk wat aangaan en gesien die venster van hul voertuig is stukkend en ’n stuk rubber by die venster is geskeur.

Die motoris het ook stukke van die ammunisie, wat lyk of die kaliber dié van ’n windbuks of .22-geweer is, in die voertuig gekry.

Dit het in die omgewing van Piet Retiefstraat en Bellstraat gebeur.

“As ons bietjie stadiger gery het, het die patroon my man in die kop getref,” het die vrou gesê.

Die egpaar het die voorval by Secunda Polisie aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button