Ermelo polisie het op 25 Julie ’n 35-jarige man wat dagga in sy besitting gehad het, in hegtenis geneem.
Lede van die polisie was besig met operasionele diens op die N17, Bethapad.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie, het die polisie aan diens ’n minibus taxi voorgekeer en gevra of hulle die voertuig kan deursoek.
“Die bestuurder het sy toestemming gegee, waarna die polisie die dagga in die bagasie van een van die passasiers gekry het.”
Die waarde van die dagga wat gevind was, is sowat R3 000.
Die passasier het op Maandag 26 Julie in die Ermelo Landdroshof, op aanklagte van besit van dwelms, verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



