CrimeNews

Man aangekla van moord nadat hy skote op twee verdagtes afvuur en een noodlottig wond in Ermelo

“Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het hy na bewering die mense wat hom agtervolg het oor hom sien staan, en skote op hul afgevuur,” het kapt. Prinsloo gesê.

ERMELO – Ermelo polisie ondersoek ’n saak van moord, nadat ’n man skote op twee verdagtes afgevuur het en een noodlottig gewond het.
 
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie, beweer die man wat aangekla word van die moord, dat hy sy voertuig op 30 Julie, in Ext 34, Sun City gaan haal het.
 
Die man het verder beweer dat hy deur mense in ’n huurmotor agtervolg is, beheer oor sy voertuig verloor het, en die voertuig gerol het.
 
“Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het hy na bewering die mense wat hom agtervolg het oor hom sien staan, en skote op hul afgevuur,” het kapt. Prinsloo gesê.
 
Die oorledene is in die bors getref en op die toneel dood verklaar.

Related Articles

 
Back to top button