CrimeNews

Man aangekla van moord nadat hy skote op twee verdagtes afvuur en een noodlottig wond in Ermelo

“Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het hy na bewering die mense wat hom agtervolg het oor hom sien staan, en skote op hul afgevuur,” het kapt. Prinsloo gesê.

ERMELO – Ermelo polisie ondersoek ’n saak van moord, nadat ’n man skote op twee verdagtes afgevuur het en een noodlottig gewond het.
 
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie, beweer die man wat aangekla word van die moord, dat hy sy voertuig op 30 Julie, in Ext 34, Sun City gaan haal het.
 
Die man het verder beweer dat hy deur mense in ’n huurmotor agtervolg is, beheer oor sy voertuig verloor het, en die voertuig gerol het.
 
“Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het hy na bewering die mense wat hom agtervolg het oor hom sien staan, en skote op hul afgevuur,” het kapt. Prinsloo gesê.
 
Die oorledene is in die bors getref en op die toneel dood verklaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button