CrimeNews

Man wie verskeie mense met ’n mes in Ermelo aanval, sterf in hospitaal

Kapt. Prinsloo het bygevoeg dat die verdagte in die parkeerarea ingehaal is, en het nadat hy deur Acsu en die polisie gekonfronteer is, homself met ’n mes gesteek.

Ermelo polisie het op 11 Augustus ’n verdagte in die parkeerarea op die hoek van Taute- en Kerkstraat in hegtinis geneem, nadat lede van Acsu die man vasgetrek het. 

Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie, het die man na bewering twee mense met ’n mes gesteek. 

Lede van Acsu het die man agterna gesit en skote op die verdagte afgevuur. 

Kapt. Prinsloo het bygevoeg dat die verdagte in die parkeerarea ingehaal is, en het nadat hy deur Acsu en die polisie gekonfronteer is, homself met die mes gesteek. 

Kapt. Prinsloo het bygevoeg dat die verdagte ook in die heup geskiet is. 

Die verdagte is na Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem.

Kapt. Prinsloo het bevestig dat die man gisteraand, 11 Augustus aan sy beserings beswyk het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Hoëvelder. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button