CrimeNewsStreeknuus

Delmas-polisie help om gekaapte motor te vind

‘n Persoon is in hegtenis geneem en daar is op die slagoffer se voertuig, selfoon en ‘n polisie-uniform beslag gelê.

’n Inwoner van Heidelberg was gekaap, ’n groot bedrag kontant is uit sy rekening onttrek waarna hy in Carletonville afgelaai was.

Volgens kapt. Carla Hartley van Delmas Polisie was sy op Woensdag, 1 September om 20:41 deur Tracker Connect vir dringende bystand gekontak.

Die slagoffer se voertuig is in die Waaikraal informele nedersetting aan die R42 tussen Delmas en Bronkhorstspruit gevind.

By verdere ondersoek is daar ook op ’n polisie-uniform beslag gelê.

’n Reaksielid van AAA Sekuriteit was volgens inligting eerste op die toneel, gevolg deur rekasielede van Tracker Connect en lede van Delmas Polisie.

Volgens familie van die slagoffer, was hy vanaf Heidelberg na Potchefstroom na ’n vergadering op pad, sy familie kon egter vanaf 11:27 nie in kontak met hom kom nie.

Daar was bevind dat geld uit sy rekening in Soweto getrek was.

Die slagoffer se familie het hom hierna as vermis aangemeld.

‘n Persoon is in hegtenis geneem en daar is op die slagoffer se voertuig, selfoon en ‘n polisie-uniform beslag gelê.

Lees meer hieroor in Streeknuus se uitgawe van 10 September.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button