CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Nog ’n persoon dood na skietvoorval in Oosthuisestraat

Een van die mans (vriende) het vier skote op die groep, wat hul omsingel het afgevuur.

OPVOLG: 6 September – 10:21

Nog ’n persoon is dood na die skietvoorval in Oosthuisestraat op 3 September.

Volgens Kapt Carla Prinsloo, die woordvoerder vir Ermelo Polisie, het die man, wie ook in die buik geskiet is, in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Met die nuwe verwikkelinge beteken dit dat polisie nou twee sake van moord, een van poging tot moord en een klag van poging tot gewapende roof ondersoek.

Die Hoëvelder wag vir terugvoering van die polisie om te hoor of enige inhegtenisnames in die verband al gemaak is.

Sodra die inligting bekend is, sal ’n opvolg-berig volg.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder


3 September – 22:34

Een dood, twee beseer na skietvoorval in Oosthuisestraat

Ermelo polisie ondersoek ‘n klag van moord, twee klagtes van poging tot moord en een klag van poging tot gewapende roof na aanleiding van ‘n skietvoorval omstreeks19:30 op 3 September in Oosthuisestraat.

Na wat verneem word van polisie, het ‘n groep mans probeer om twee vriende wat na Wesselton onderweg was, te beroof.

Die groep het die twee mans glo omsingel.

Een persoon in die groep was na bewering met ‘n mes gewapen.

Een van die mans (vriende) het vier skote op die groep, wat hul omsingel het afgevuur.

Een van die groep mans het ‘n skietwond in die buik gehad en is dood aangetref by naby geleë woonstelle.

Verdere ondersoek het die polisie gelei na Ermelo Provinsiale Hospitaal waar een persoon met ‘n skietwond in die buik en nog ‘n persoon met ‘n skietwond in die regter bobeen aangetref is.

Die persoon met die buikwond is ernstig beseer en die persoon met die wond in die been is behandel en ontslaan.

Volgens Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die Ermelo polisie, het die man wie die skote afgevuur het, die aangeleentheid by Ermelo Polisiestasie aangemeld.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button