Mnr. Francois Pretorius, die juwelier van Bethal wat sedert Maart verlede jaar teregstaan op aanklagte van die dubbelmoord op dr. Hannes en me. Ibel Beukes, het weer in die hof verskyn.
Hy word daarvan beskuldig dat hy die egpaar op 18 Maart 2020 binne-in ’n plaashuis buite Bethal, wat mnr. Pretorius op daardie stadium gehuur het, vermoor het.
Die egpaar se liggame is in die bagasieruim van hul motor in ’n veld naby Bethaldam gevind.
Mnr. Pretorius is bykans twee weke later op die plaas van sy skoonpa buite Belfast in hegtenis geneem.
Die saak duur steeds voort en is uitgestel na Woensdag, 15 September.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




