Mnr. Francois Pretorius, die juwelier van Bethal wat sedert Maart verlede jaar tereg staan op aanklagte van moord op dr. Hannes en me. Ibel Beukes, het op Woensdag, 15 September weer in die hof op Bethal verskyn.
Sy saak is uitgestel na Dinsdag, 26 Oktober.
Mnr. Pretorius word daarvan beskuldig dat hy die egpaar op 18 Maart binne-in ’n plaashuis buite Bethal wat hy op daardie stadium gehuur het, vermoor het.
Die egpaar se liggame is verlede jaar in die bagasieruim van hul motor in ’n veld naby Bethaldam gevind.
Mnr. Pretorius is bykans twee weke later op die plaas van sy skoonpa buite Belfast in hegtenis geneem.
Hy is steeds in aanhouding.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




