Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het op Woensdag 29 September met ’n pantservoertuig by Net 1 op Standerton opgedaag.
Mnr. Jandré Kasselman het gesê dat die kriminele springstof gebruik het om drie OTM’e op te blaas.
“Toe ek die nuus om 2:06 kry, het ek yskoud geword,” het hy bygevoeg.
Die gebied is blitsvinnig afgesper.
Mnr. Kasselman is van mening dat ’n sindikaat moontlik verantwoordelik vir die misdaad was, gegewe die professionaliteit van die verdagtes.
“Die plek is flenters geskiet.”
Hy het ook gesê dat voorvalle van dié aard vanjaar gereeld voorgekom het.
Standerton Polisie, Sakhile Polisie, Jeria Ambulansdienste en Standerton Brandweer was ook op die toneel.
“Almal het hulle volle samewerking gegee,” het hy gesê.
Die bedrag geld wat gesteel is, kon nie bevestig word nie.
KVD het wel leê geldhouers in die veld opgetel.
Net 1 is ’n finansiële instelling wat ook Sassa-uitbetalings doen.



