Local newsMunicipalNews

Vullisverwydering op Standerton kom byna tot stilstand

Mnr. Stoltz het met behulp van mnr. Jandré Kasselman van die Lekwa Clean Up Crew, skouer aan die wiel gesit.

Die raadslid vir wyk 4, mnr. Corné Stoltz van die Vryheidsfront Plus, het verlede week self met vullisverwydering ingespring.

Lekwa Munisipaliteit se kennisgewing dat probleme ondervind word weens vullisvragmotors wat meganiese probleme ervaar het, het daartoe gelei.

Mnr. Stoltz het met behulp van mnr. Jandré Kasselman van die Lekwa Clean Up Crew, skouer aan die wiel gesit.

Die vullis is in ’n swaar reënbui opgelaai en weggery met die samewerking van mnre. Nkululeko Nkumane, Brain Bonadina, Corrie Uys en Njabulo Motaung.

Mnr. Stoltz het daarna navraag by die speaker gedoen om redes te verskaf waarom die munisipaliteit die kennisgewing só laat, en nie eens aan al die wyke, uitgestuur het.

Hy het ’n beroep op inwoners gedoen om slegs huishoudelike vullis uit te sit.

“As daar mense is wat self, en moontlik hul buurman of -vrou, se sakke kan gaan stort by die stortingsterrein, sal dit opreg waardeer word,” het mnr. Stoltz gesê.

“Die sakke moet nie by die ingang nie, maar tot binne die terrein gevat word.”

Lekwa Clean Up Crew het op Dinsdag 7 Desember die toestand van die stortingsterrein op ’n foto aangestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button