Mnr. Francois Pretorius, die juwelier van Bethal wat sedert Maart 2020 tereg staan vir die dubbelmoord op dr. Hannes en me. Ibel Beukes, se saak is na die hof op Middelburg geskuif.
Pretorius word daarvan beskuldig dat hy die egpaar op 18 Maart 2020 in ’n plaashuis buite Bethal wat hy toe gehuur het, vermoor het.
Die egpaar se liggame is later in die bagasieruim van hul motor in ’n veld naby Bethaldam gevind.
Pretorius het gevlug en die polisie het hom vir ’n paar dae gesoek totdat sy skoonpa die polisie in kennis gestel het dat hy op sy plaas buite Belfast is.
Hy is daar in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.
Hy het Maandag, 17 Januarie weer in die hof op Middelburg verskyn.




