CrimeLocal newsNews

AfriForum-buurtwag op Standerton pas patrollies aan

Die gevalle wat hanteer is, sluit onder meer in 13 vermiste persone, drie plaasaanvalle, 44 gevalle van onluste en bystand met 17 voertuigkapings.

AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga (die noordstreek) het in Januarie en Februarie meer as 198 gevalle hanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies ondersteun.

Volgens ’n mediaverklaring van 9 Maart, is die doel om te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word.

Die gevalle wat hanteer is, sluit onder meer in 13 vermiste persone, drie plaasaanvalle, 44 gevalle van onluste en bystand met 17 voertuigkapings.

Buurtwagte in die drie provinsies het in Januarie en Februarie sowat 74 patrollies gery.

“Die beheerkamer bied oorkoepelende ondersteuning,” het Llewellynn Hemmens, streekhoof vir veiligheid in die noorde, gesê.

“Buurtwaglede op voetsoolvlak fokus meer op die taktiese kant – probleme wat ervaar word en oplossings daarvoor – waar die beheerkamer meer operasioneel funksioneer om seker te maak die nooddienste weet van die probleme.”

Hemmens het ook gesê dat ’n kommerwekkende tendens wat hierdie maand beduidend toegeneem het, die hoeveelheid gevalle was waar hulp verleen moes word aan mense wat onder die invloed van dwelms was.

“Hierdie soort misdaad plaas baie druk op staatsinstellings wat reeds beperkte hulpbronne het.”

Buurtwagte moes hul patrollies aanpas om sigbaarheid nog meer te verhoog om hierdie aktiwiteite te ontmoedig.

“Ons bedank graag die personeel wat daagliks tyd opoffer om ’n verskil in die gemeenskap te maak,” het hy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button