News

Secunda VLU-tak vergader op plaas en beplan vir 2023 konferensie

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in April by te woon.

Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 9 Maart op Francois en Teresa de Wet se plaas vergader en beplanning vir 2023 se konferensie gedoen.

Dié tak beplan om koekies te verkoop om geld vir die konferensie in te samel.

Secunda VLU-tak het goed by die VLU-streekkonferensie wat op Woensdag, 2 Maart op Standerton plaasgevind het, gevaar, en ’n algehele derde plek behaal.

Die vroue wat presteer het en plekke behaal het, is Launa Jansen van Vuuren (derde plek vir masjienwerk), Teresa de Wet (derde plek vir kollekuns), Alma Bosman (eerste vir gebak), Rosa Black (tweede vir gebak en derde vir blomme: ope), Liezel Myburgh (derde vir blomme: beginners) en Magda Schwab (derde vir blomme: gevorderd).

Schwab het by dié tak se vergadering vir Maart die vroue gewys hoe om takke en blare wat in gliserienwater en kleursel gestaan het, in blommerangskikkings te gebruik.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op Woensdag, 6 April om 09:30 in Die Rots by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon en kan die adjunk-voorsitter, Jansen van Vuuren skakel by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button