Local newsNews

Standerton se Herman Bronkhorst kry broodnodige hulp

“Die ‘Muscular Dystrophy Foundation’ in Gauteng het ons verlede week laat weet dat Herman vir ’n hystoestel kwalifiseer,” het Grace gesê.

Herman Bronkhorst van Standerton en sy ouma Grace wag op ’n hystoestel waarmee die 15-jarige gemakliker badkamer en bed toe gehelp kan word.

Herman is op vierjarige ouderdom met Duchenne muscular dystrophy gediagnoseer, ’n genetiese kwaal wat gekenmerk word deur progressiewe spierdegenerasie en swakheid.

Grace en oupa Willem Bronkhorst versorg hul kleinseun.

Seriti het in 2017 ’n elektroniese rystoel geskenk, maar Herman se toestand het sodanig versleg dat ’n nuwe, groter een benodig word.

Enigeen wat ’n skenking wil maak, kan besonderhede op https://www.backabuddy.co.za/herman-bronkhorst vind.

Die Standerton Advertiser het die Bronkhorste op Dinsdag 5 April besoek, waar ’n merkbaar opgewonde Herman, met sy nuwe ‘funky’ haarstyl, gesê het dat hy ses jaar gelede nog in ’n bad kon inkom. Sy ouma doen bedwasse.

“Die Muscular Dystrophy Foundation in Gauteng het ons verlede week laat weet dat Herman vir ’n hystoestel kwalifiseer,” het Grace gesê.

“Anonieme boere sou ook op die veiling ’n skenking vir ’n nuwe rolstoel maak.”

Twee visbakke, een met 30 vissies en ’n algeter en die ander met vier neonvissies en ’n algeter, het hul plekke in die slaapkamer ingeneem.

Van die konserwatiewe begin met een mannetjie en drie wyfies, wemel dit nou van kleurryke vissies in die een bak.

Herman moes gereeld na die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg geneem word vir kortisoonbehandeling omdat Standerton Hospitaal nie toegerus is om die kardiomonitering en neuro-muskulêre toetse te doen nie.

“Hulle gaan my in kennis stel wanneer die toestel afgelewer word,” het Grace bygevoeg.

Enigeen wat betrokke wil raak, kan 082 359 8969 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button