Local newsNews

Oud-hoof en stigter van Bethal Independent Primary School sterf

Hy laat sy vrou, Elize, drie kinders en drie kleinkinders na.

Louis Botes (70), oud-skoolhoof wat in 1999 die Bethal Independent Primary School begin het, is op Saterdag, 9 April aan ’n motorneuronsiekte dood.

Botes het in November 2019 afgetree en na Kleinmond verhuis waar hy ook baie betrokke in die gemeenskap was.

Jolene Shepherd, wat by Botes oorgeneem het en lank saam met hom gewerk het, het gesê hy was iemand wat nie kon stilsit nie.

“Hy het my die leier gemaak wat ek vandag is en hy was die doort mens wat sy laaste kous vir iemand sou gee,” het Shepherd gesê.

“Hy was iemand wat jou uit jou gemaksone sou stoot omdat hy jou potensiaal raak gesien het voordat jy dit self raak gesien het.”

Shepherd het Botes as ’n passievolle, toegewyde en hardwerkende persoon beskryf.

Hy laat sy vrou, Elize, drie kinders en drie kleinkinders na.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button