CrimeNewsStreeknuus

Man gaan 10 jaar tronk toe ná hy spoorstawe op Rayton steel

Mathibi is tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die oortreding van Artikel 3(1)(a) Wet 18/2018 van 2015 vir die peuter met en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

Thabang Matibiti (20) is op Donderdag, 7 April vir 10 jaar tronk toe gestuur.

Thabang is een van vyf wat betrokke was tydens ’n skietery met veiligheidswagte gedurende Mei 2021.

Dit het gevolg nadat vyf mans betrap is toe hulle spoorstawe by die Rayton-treinstasie gesteel het.

Verdere ondersoek deur Sersant Mgwenya en sy span het daartoe gelei dat nog twee mans in hegtenis geneem is.

Mathibi is tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die oortreding van Artikel 3(1)(a) Wet 18/2018 van 2015 vir die peuter met en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

“Na aanleiding van Sersant Mgwenya se professionele voorlegging en bewyse kon Matibiti suksesvol verhoor en gevonnis word,” het Sersant Connie Moganedi, mediawoordvoerder van die Cullinan Polisiestasie gesê.

Mgwenya en sy span speurders is geloof vir hul uitstekende spanwerk wat tot die suksesvolle inhegtenisname en vonnisoplegging van die beskuldigde, Thabang Matibiti, gelei het.

“Cullinan Polisiestasie vra ook dat lede van die publiek moet voortgaan om inligting te verskaf met betrekking tot kriminele aktiwiteite wat tot skade aan die ekonomie of veiligheid van die land se burgers kan lei,” het Kaptein Christiaan Gertzen, waarnemende bevelvoerder van die Cullinan Polsiestasie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button