Buurtwag op Standerton help met verkeersvloei op langnaweek
’n Opeenhoping het in al die bane ontstaan en verkeersvloei belemmer.
Standerton-buurtwag het ’n helpende hand met Paasfees se verkeersvloei bygesit.
Volgens ’n persverklaring van die afgelope week, het die AfriForum-buurtwag op Standerton op 18 April, in samewerking met Kasselman Veiligheidsdienste en ander rolspelers, gehelp om die verkeersvloei op dié dorp te verbeter.
Die verkeer terug na Gauteng en Limpopo vanaf Volksrust was druk.
Daar was ook padwerke en paaie wat weens die Vaalrivier se stygende watervlakke gesluit was.
’n Opeenhoping het in al die bane ontstaan en verkeersvloei belemmer.
Lede van die buurtwag is omstreeks 17:30 ontplooi om die Lekwa-verkeerspolisie en die plaaslike polisie te help om die verkeer te reguleer.
Die voertuie wat teen 20:30 nog deur Standerton beweeg het, moes noodgedwonge buite die dorp voorgekeer word.
In daardie tydperk het die druk verkeer in die dorp opgeklaar en omstreeks 22:00 kon die verkeer weer deur Standerton vloei.
“Buurtwaglede se goeie opleiding en beheer het ’n leidende rol gespeel om die situasie op te klaar,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.



