Local newsNews

Sakelui maak slaggate op Bethal toe

Die teer word aangekoop uit ‘n fonds wat gestig is vir die herstel van die paaie.

“Solank die inwoners van Bethal aanhou bydraes maak vir die aankoop van teer sal ons aanhou om die gate in Bethal se paaie reg te maak.”

So sê ’n groep sakemanne van Bethal wat self, sonder enige vergoeding, uit hul eie sakke, die toerusting, masjinerie, voertuie, sement, gruis en arbeid verskaf vir die opvul van die gate in Bethal se paaie.

Die herstelwerk word veral by kruisings gedoen waar die skade die ergste is.

Twee kruisings in Tsibitso Sibanyoni Straat (Vermooten) is reeds so permanent as moontlik herstel.

Die teer word aangekoop uit ‘n fonds wat gestig is vir die herstel van die paaie.

Enigeen wat geld wil bydra kan met Eric van der Walt by Cohen, Cronje & Van der Walt Prokureurs skakel op 017 647 6427 of met Corni van der Merwe op 017 647 5882 by Lou van der Merwe Prokureurs.

Enige bydrae is welkom al is dit hoe gering.

‘n Beroep word op Bethal se inwoners gedoen om almal ‘n bydrae te maak soos wat baie dorpe tans doen om die paaie weer rybaar te maak.

GMM se versuim om Bethal se paaie instand te hou, word betreur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button