Local newsNews

Standerton se AfriForum bewaar erfenisgebiede vir die nageslag

Die monument word reeds vir ’n aantal jare deur AfriForum onderhou en was in die verlede heeltemal onbegaaanbaar.

Die AfriForum-tak op Standerton het op 19 April, as deel van ’n monumentoudit, die Voetsporemonument buite dié dorp opgeruim.

Volgens ’n onlangse mediaverklaring, vorm dit deel van hul nasionale inisiatief om Suid-Afrika se monumente en erfenisgebiede te bewaar.

Die monument word reeds vir ’n aantal jare deur AfriForum onderhou en die terrein was in die verlede heeltemal onbegaanbaar.

AfriForum het daarom besluit om dit netjies en in stand te hou.

Ná die onlangse reën het die gras om die monument vinnig gegroei en indringerplante oorgeneem.

“Ons poog om soveel as moontlik van ons erfenisgebiede vir ons nageslagte te bewaar en sal nie skroom om dit self te doen nie,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button