Local newsNews

Luister na dié sprekers by konferensie op Bethal

Die oggendetee begin om 10:00 en kaartjies kos R50 elk.

Dr. Marius Higgins en Magda Rorich sal die sprekers by die PPK Gateway op Bethal se komende konferensie wees.

Dié konferensie vind by die kerk by 8 Jabulane Selepestraat, Bethal-oos, op 7 en 8 Mei plaas.

Magda Rörich gaan die Saterdagoggend (7 Mei) tydens ’n oggendtee haar getuienis deel.

Sy en haar man, Chris, was in Januarie verlede jaar in ’n helikopterongeluk naby Brits.

Chris is in dié ongeluk dood.

Magda Rorich en haar man Chris kort voor sy dood in ’n helikopterongeluk. Sy is die spreker by ’n oggendtee op 7 Mei. (Foto: Verskaf)

’n Ernstig-beseerde Magda het aan die helikopter se vasgeklou in ’n rivier vol krokkedille terwyl die vlieënier deur die bosse gestrompel het om hulp te ontbied.

Sy wil haar getuienis van hoe sy gekies het om te bly leef, deel.

Die oggendetee begin om 10:00 en kaartjies kos R50 elk.

Vir meer inligting, skakel past Lona Thompson by 081 826 7675.

Dr. Marius Higgins sal om 10:00 Sondag aan die woord wees.

Dié Suid-Afrikaanse prediker is bekend vir sy profetiese boodskappe en het ook al verskeie kere oorsee gepreek.

Dr. Marius Higgins en sy vroum Annatjie. Hy is die spreker by die PPK Gateway op Sondag, 8 Mei. (Foto: Verskaf)

Hy is in 2000 as die president van Global Missions International, Suid-Afrika, ingehuldig.

Dr. Higgins woon in Krugersdorp en sy bediening het ’n Bybel-kollege wat gekrediteer is by Team Impact University VSA.

Toegang is gratis. Offerhande sal tydens die diens ingeneem word.

Past. Nick Volschenk sal die aanddiens om 18:00 waarneem.

Vir meer inligting, kan past. Volschenk ook gekontak word by 073 171 2090.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button