David van der Linde van Standerton sterf na motorfietsongeluk
Dié 61-jarige boer was van voorneme om die dam, wat oorloop, te besigtig.
David van der Linde van die plaas Cyrus, in die Standerton-distrik, is op 23 April in ’n motorfietsongeluk op Vanderkloof, in die Noord-Kaap, noodlottig beseer.
Dié 61-jarige boer was van voorneme om die dam wat oorgeloop het, te besigtig.
Die ongeluk het by ’n verkeersirkel op die dorp gebeur.
Hy het vroeër die week saam met ’n groep motorfietsryers op ’n uitstappie vertrek.
David, gebore en getoë op Standerton, het aan Hoërskool Standerton gematrikuleer alvorens hy hom op ’n gemengde boerdery toegespits het.
David en sy broer Dual, het vir 25 jaar saam by Erdzak Boerdery onder meer die grond bewerk.
Uit sy huwelik met Alté is drie dogters, Sunel, Nadia en Dané gebore.
Sunel en die familie se herinneringe aan hom is omvattend met eerlikheid, goedhartigheid, regverdigheid, betroubaarheid, sowel as nederigheid, wat vooropgestel word.
David word in die binnekring oorleef deur sy vrou, sy dogters, twee skoonseuns Armand en Pieter, twee kleinkinders, asook ’n uitgebreide familie.
’n Herdenkingsdiens, gelei deur ds. Riaan Botha, is op Vrydag 29 April in die N.G. Kerk se Moedergemeente gehou.
Sy liggaam sal veras word.



