Danie Smit neem beste foto by Hoëveld Fotografieklub in April
Die onderwerp was haarstyle.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 8 April byeengekom en hul beste foto’s vir die maand ingeskryf.
Die voorgeskrewe onderwerp vir April was ‘Haarstyle – Diere of Mense’ en die beoordelaar was GB Jordaan.
Danie Smit was die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto, With Raised Neck Hair.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Smit het ook goed gevaar met van sy ander foto’s – Landing in die fotojoernalistieke-afdeling en Marriott Century City in die landskapsafdeling en sertifikate van meriete vir beide dié foto’s ontvang.
Dr. Leon Pelser was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto Tarantula Texture in die tweekleurige foto-afdeling.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Dr. Pelser se ander foto’s wat vir hom sertifikate van meriete besorg het, is Pit Viper in die natuurafdeling, Crowned Pigeon in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling en A Winter’s Morning Journey in die pikturale-afdeling.
Hester Griessel was die beste fotograaf onder die junior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir haar foto Die Trane die Rol, in die fotojoernalistieke-afdeling ontvang.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Sussa Pelser met haar twee foto’s, Pipe Smoker, in die pikturale-afdeling en Hair Necklace, in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling; Piet Potgieter met sy twee foto’s, Is no Hair a Hairstyle, in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling en Bicycle on the Rocks in die pikturale afdeling; Louis van der Walt met sy drie foto’s, Shaft 6 Curvature in die landskapsafdeling, Red Glow in die tweekleurige foto-afdeling en Georgies Boy in die natuurafdeling; Johan Vijloen met sy twee foto’s, Sand Splash in die pikturale-afdeling en My Haarlokke in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling; James Harris met sy drie foto’s, Nose Viper in die natuurafdeling, Nadia in die pikturale afdeling en Long Black Hair in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling; Gerrit Myburgh met sy twee foto’s, Gariep Dam 01 in die landskapsafdeling en Autumn Taking Hold in die pikturale-afdeling en Johan Coetzee met sy foto, Bepeinsing in die tweekleurige foto-afdeling.
Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.












