Standerton Trapklub samel geld vir haweloses in
Die Munsieville kamp op Krugersdorp is op 27 April met ’n ‘Group ride’ van sowat 45km besoek.
TWK Isuzu/Haval en Standerton Trapklub het onlangs vir liefdadigheid saamgestaan.
Die trapklublede het ’n geldinsamelingsinisiatief vir hawelose mense ondersteun.
Die Munsieville kamp op Krugersdorp is op 27 April met ’n ‘Group ride’ van sowat 45km besoek.
TWK Isuzu/Haval het worsbroodjies vir verkope geskenk en hulle perseel oopgemaak vir die fietsryers, wat daar weggespring en weer klaargemaak het.
Standerton se motorfietsryers het dié kamp geïdentifiseer as hulle projek vir vanjaar om ’n daadwerklike verskil in behoeftige mense se lewens te maak.
Daar word kospakkies opgemaak vir sowat 300 mense en afsonderlike pakkies, met skoolgoedjies en ’n warm dingetjie vir die winter, vir elke kind.
(Foto en inligting: Verskaf)



