Local newsNews

Northern Light Foundation vertel meer van hul projekte

’n Maandelikse markdag word beplan en die eerste mark sal op 28 Mei plaasvind, waar ’n boeresportkompetisie beoog word.

Northern Light Foundation (NLF) het gedurende April verskeie projekte op Standerton geloods.

Volgens ’n onlangse persverklaring, is die Diersorg-sentrum goed op dreef, met 30 diere wat reeds sedert die opening in Maart aangeneem is.

“Met die gemeenskap se hulp en bydrae kan dié projek verseker dat diere, wat geen tuiste het nie, die nodige hulp en liefde ontvang wat hulle verdien,” het Hillel Coetzer, uitvoerende hoof, gesê.

Die sentrum benodig met winter wat op hande is, F10-ontsmettingsmiddelseep en spuit, kos, rooiligte vir verhittingsdoeleindes, elektriese benodighede, palette, draad en sink om hokke te bou.

Tydens NLF se weeklikse skoonmaakprojek by Standerton Rivierpark is sowat 74 sakke vol vullis opgetel en verwyder.

Hul Manna-projek, wat daarop fokus om bystand te bied aan gesinne in nood, het aan vyf gesinne die nodige kos en klere oorhandig.

NFL het versoek dat die gemeenskap steeds bystand bied met skenkings van kos, klere en komberse, asook om hul weeklikse kosverkopeprojek te ondersteun.

’n Maandelikse markdag word beplan en die eerste mark sal op 28 Mei plaasvind, waar ’n boeresportkompetisie beoog word.

Die gemeenskap of ondernemings kan ’n span inskryf.

Geld wat tydens die mark ingesamel sal word, sal vir gemeenskapverbeteringsprojekte gebruik word.

“Dit is duidelik dat ons al hoe meer moet saamstaan om ’n verskil te maak,” het Coetzer mee afgesluit.

“Die nood daar buite is groot, maar saam kan ons verseker dat ons medemens, dorp en diere bystand geniet.

“Spesiale dank aan al ons lede, plaaslike ondernemings en ander organisasies wat verseker dat NLF hierdie inisiatiewe kan volhou.”

Skakel of WhatsApp 063 613 1214, volg hul Facebook blad, of besoek hul webwerf vir meer inligting.

Finansiële bydraes kan gemaak word by Northern Light Foundation, 62901405763, tjekrekening, Standerton-tak 255355.

Dié nie-winsgewende organisasie is op soek na vrywillers om met projekte te help.

Kliek hier vir meer inligting.

Northern Light Foundation verwyders vullis weekliks vanuit Standerton Rivierpark (Foto; Verskaf).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button