Local newsNews

Louis van der Walt neem beste fotos in fotografieklub op Secunda se Mei-kompetisie

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms in Junie by te woon.

Louis van der Walt was die beste fotograaf by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms op Vrydag, 6 Mei.

Die beoordelaar vir die aand was Francois Venter, direkteur van PSSA (Photographic Society South Africa).

Van der Walt se foto, Lulu-s Spidyverse was die beste in die voorgeskrewe onderwerp wat Veelvoud was en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto verower.

Een van sy ander fotos, Cathedral Cave – No Way Up, was die beste in die junior fotograwe-afdeling en hy het ook vir dié foto ’n sertifikaat van meriete ontvang.

Van der Walt het behoorlik uitgeblink en die ander fotos waarvoor hy sertifikate van meriete ontvang het is Black Ant Warrior in die natuurafdeling en Rosemary Pod Pond in die landskapafdeling.

Johan Viljoen se foto, Flower Friend, was die wenner in die senior fotograwe-afdeling en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Viljoen het ook goed gevaar met sy ander fotos en sertifikate van meriete ontvang vir sy fotos Watchin You in die natuurvoëls-afdeling en Sand Splash in die pikturale afdeling.

James Harris het ook uitgeblink en vir vier van sy fotos sertifikate van meriete ontvang.Dié fotos is New Born Green Mamba in die natuurafdeling en Boomslang, Bee en Wings in die pikturale afdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Johan Coetzee vir sy fotos, Taekwondo Aerial Attack in die fotojoernalistieke-afdeling en Who Will Collect the Bounce in die tweekleurige foto-afdeling, Sussa Pelser vir haar foto, Ballerina Multiplicity in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Leon Pelser vir sy fotos, The Pringle Bay Storm in die landskapafdeling en Viper in Mono in die tweekleurige foto-afdeling, Hanno de Beer vir sy fotos, Leading the Pack in die tweekleurige foto-afdeling en Jong Ralreier in die natuurvoëls-afdeling, Danie Smit vir sy fotos, Sand Pit in die foto joernalistieke-afdeling en Gariepdam in die landskapafdeling, en Piet Potgieter vir sy foto, Incoming in die natuurvoëlsafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 3 Junie om 18:00 by Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, ‘Sand Pit’ in die foto joernalistieke-afdeling ontvang.
Leon Pelser se foto, ‘The Pringle Bay Storm’ in die landskapafdeling, het hom ’n sertifikaat van meriete besorg.
Hanno de Beer se foto, ‘Jong Ralreier’ in die natuurvoëls-afdeling, het hom ’n sertifikaat van meriete besorg.
Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, ‘Sand Splash’ in die pikturale afdeling ontvang.

Related Articles

Back to top button