Local newsNews

Terra Nova Aftree-oord in Trichardt se inwoners wil uile na oord lok

Inwoner het al verskeie uilsoorte in dié gebied gesien.

Inwoners van die Terra Nova Aftree-oord hoop hulle sal binnekort meer uile in hul oord sien.

Een van die inwoners, Miems Opperman, het met die inisiatief begin om verskeie uilkaste by dié aftree-oord aan te bring.

Die ander inwoners het by ’n vergadering voorgestel dat Opperman met dié projek moet hardloop.

Opperman het op ’n plaas grootgeword en nog altyd ’n liefde vir die natuur gehad.

Sy het verlede jaar besluit om met dié projek te begin nadat sy drie verskillende soorte uile in die omgewing gesien het.

“Ek gaan stap vroeg elke oggend in die omgeweing van Terra Nova en ek het een oggend ’n gras-uil gesien,” het Opperman vertel.

“Ek dink hy het geskrik toe ek aangestap kom en het opgevlieg.”

Sy het ook al ’n nonnetjiesuil en ’n grootooruil in die omgewing gesien.

Die inwoners het drie uilkaste geskenk en ná Opperman met Daan Loock wat in Sasol se natuurbewarings-afdeling werk, gepraat het, het hulle 10 uilkaste vir Terra Nova Aftree-oord geskenk.

Die uilkaste is op verskeie plekke in die oord aangebring en hoewel uile nog nie hul intrek in die kaste geneem het nie, het van die inwoners al uile bo-op van die kaste wat in ’n stiller gebied in die oord is, gesien sit.

“As ’n mens mooi kyk en oplet, dink ek sal ’n mens baie ander diere hier sien.

“Ek het al fisante, tarentale en selfs ’n tierboskat in die veld langs die aftree-oord gesien,” het Opperman gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button