Local newsNews

Dokters diagnoseer klein Rohan Bos van Secunda met breinkanker

Tafelronde 231 Secunda reël gholfdag vir Rohan op 25 Junie.

Rohan Bos (7), ’n leerder aan Laerskool Kruinpark wat in Januarie ’n breinoperasie ondergaan het waar dokters die grootst deel van ’n gewas van 3cm op die sentrale deel van sy brein verwyder het, is nou met breinkanker gediagnoseer.

Sy ma, Mary-Ann Bos, het om vroeër in Mei na ’n onkoloog geneem wat bevestig het dat die breinkanker in die oorblywende deel van die gewas is.

Die onkoloog het ook gesê Rohan het ’n beroerte gehad en dat hy dringend by ’n neuroloog moet uitkom vir verdere toetse en behandeling.

Intussen, het Rohan ’n vergrote lewer ook en Mary-Ann probeer hulp kry vir dit.

Hy moet ook by ’n oogkundige uitkom om sy sig te toets en te probeer keer dat hy blind word.

Een van die senuwees wat deur die gewas op sy brein beïnvloed word, is die senuwees wat na sy oë gaan.

Rohan is egter nog te jonk om bestraling te kry.

Hy moet 12 wees om dié behandeling te kry, dus is chemo-behandeling sy enigste opsie om te keer dat dié gewas nog verder groei.

Mary-Ann het gesê hulle sal meer inligting hê ná sy volgende doktersbesoek.

Intussentyd reël die Secunda Tafelronde 231 ’n gholfdag om geld in te samel vir Rohan se mediese onkostes wat nie alles deur sy ma se mediese fonds gedek word nie.

Dié gholfdag vind op Saterdag, 25 Junie by Walkerpark Gholfklub plaas en daar is groot pryse op die spel.

Onderneming kan ’n putjie borg teen R4 000, wat dan ’n vierbal, ’n gholfkarretjie en handelsmerke insluit.

Vir meer inligting, of om in te skryf vir die gholfdag, skakel Altus Delport by 079 867 7631.

Belangstellendes wat Rohan wil help, kan ’n bydrae maak en die volgende bankrekening gebruik:

Capitec Bank, rekeningnaam – R Bos, spaarrekening, rekeningnommer – 191 575 7612, takkode – 470 010.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button