Local newsNewsStreeknuus

Bekende rolbalspeler van Delmas verloor sy stryd teen kanker

Die verassingsdiens vind op Vryag, 27 Mei vanuit die N.G. Kerk op Delmas plaas.

Hy was seker een van die bekendste gesigte op Delmas se rolbalbaan.

Daar het hy sy hart uitgespeel en ook uitstekend presteer en was hy die houer van ’n verskeidenheid trofees, plaaslik sowel as op provinsiale vlak.

Dit was Derick William Whitehorn, gebore op 21 Februarie 1965.

Whitehorn (57) was sy lewe lank ’n inwoner op Delmas. Daar het hy vir MF Bemarking as onderdele-bestuurder gewerk.

Wyle Derick Whitehorn. (Foto: Verskaf)

Hy was veral bekend vir die uitstekende rolbal wat hy gespeel het en sy passie vir dié spel.

“Nadia Whitehorn, sy dogter, was vir sowat vier jaar ’n joernalis by Streeknuus.

Nadia het Streeknuus meegedeel dat Whitehorn aan die begin van Desember skielik baie siek geword het.

Na verskeie toetse is daar bevind dat Whitehorn fase-vier kanker het.

“Hy was by drie verskillende dokters en baie toetse is gedoen, maar daar kon nie vasgestel word watter soort kanker hy het nie.

“Die gewasse was massief, die kanker het versprei en hy het geweldig pyn gehad. Hy kon ook nie meer eet of iets drink nie.”

Whitehorn is om 05:10 op 21 Mei in die Glynnwood Hospitaal in Benoni dood.

Wyle Derick Whitehorn in aksie op die Delmas-rolbalbaan.

Vir Nadia was die skok groot toe haar pa so skielik oorlede is.

Volgens Nadia was die laaste paar ure saam met haar pa kosbaar.

“Van geboorte af het my pappa altyd my hand vasgehou en nou was dit my beurt om syne vas te hou; tot en met daardie laaste snak na asem. My held, my pappa was dood.”

Volgens Nadia was haar gevoelens in ’n warboel.

Sy wou nie hê dat hy moes doodgaan nie, maar aan die ander kant wou sy hom ook nie meer sien ly nie.

“My pa gaan baie gemis word, hy was ’n uitstekende pa vir ons almal gewees. Hy sal vir altyd in ons harte bly en ons groet is nie finaal nie. Tot ons weer ontmoet pappa.”

Whitehorn laat sy verloofde, Alet Bezuidenhout, drie dogters, twee stiefdogters en twee stiefseuns agter.

Teen druktyd het Nadia Streeknuus meegedeel dat Derick Whitehorn se verassingsdiens op Vrydag, 27 Mei vanuit die N.G. Kerk-Wes sou plaasvind

Hier is Nadia Whitehorn se hand op die van haar pa, Derick Whitehorn tydens sy laaste oomblikke in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button