Local newsNews

VLU-vroue van Standerton het pret tussen sake van die dag

’n Streeksvergadering sal op 8 Junie op Grootvlei plaasvind en die volgende maandvergadering op 21 Junie.

Kaalspruit-tak van die VLU het op Dinsdagoggend 17 Mei by ’n saal van die Hervormde Kerk hul maandvergadering gehou.

As tema vir die vergadering, kon die vroue ’n uitspattige hoed dra, wat wel die geval tydens die fotosessie was.

Marietjie Swart, voorsitter, het sake op die agenda afgehandel.

’n Streekvergadering sal op 8 Junie op Grootvlei plaasvind en die volgende maandvergadering op 21 Junie.

Die Mpumalanga-kongres word vir 14 en 15 September in die vooruitsig gestel.

Voordat Marinda Visser, ’n VLU-lid, ’n demonstrasie aangebied het van hoe om boeke te versier, is aanwesiges met gevulde pannekoeke bedien.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button