Local newsNews

Dit woel behoorlik by ouetehuis op Standerton

Die tehuis is van voorneme om ’n eenheid met sewe kamers vir semi-verswaktes in te rig.

Kosmos Aftree-oord op Standerton se evasgeslag het ’n bederfsessie of twee die afgelope tyd gehad.

’n Span bestaande uit professionele mooimaakmense van die dorp, het in samewerking met die N.G. Kerk se Moedergemeente, AGS en Replika Kruisgenerasie sowat 40 vroue se voorkoms, na ’n grimeersessie, massering, pedikuur en manikuur, opgetower.

Foto’s is na familielede op Moedersdag gestuur.

“Mense van verskillende geloofsoortuigings het saamgewerk, wat wonderlik was,” het Sanpat Coetzee, bestuurder, gesê.

Die ouetehuis beplan ’n veiling op 28 Mei waar los goedere van die hand gesit sal word.

Volgens Coetzee, het die sorgsentrum tans minder as 23 plekke en onder meer is beddens, matrasse, rolstoele, krukke en klere beskikbaar.

“’n Sekere aantal mediese benodigdhede en toerusting sal teruggehou word vir ’n paar nuwe kamers,” het Coetzee ook gesê.

Die publiek is genooi om goedere in Mbonani Mayiselastraat te kom aflaai.

Die tehuis is van voorneme om ’n eenheid met sewe kamers vir semi-verswaktes in te rig.

“Die idee is om mense meer mobiel te maak nadat hulle vir ’n tydperk immobiel was.”

Elke kamer sal met ’n badkamer en kombuisblad, met ketel en mikrogolfoond, toegerus wees.

Die kamers sal ook rolstoelvriendelik wees.

Coetzee het beklemtoon dat seker gemaak wil word dat etes wel by die eetsaal genuttig word, wat ook vereensaming en isolasie kan verhoed.

Die inwydingsdatum is 1 Junie.

Ander datums om in jou dagboek aan te teken, is die basaar op 26 Augustus en die gholfdag op 26 November.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button