Local newsNews

Vroue van Standerton kweek bewusmaking oor dieremishandeling

“Dieremishandeling is ’n realiteit en kom op Standerton voor,” het Labushagne gesê.

Riana Labuschagne en Mari-Louise Brits, twee vrywilligers wat hulle oor verwaarloosde diere ontferm, beywer hulle vir bewusmaking van dieremishandeling.

Hulle het onlangs besoek by die Standerton Advertiser afgelê.

“Dieremishandeling is ’n realiteit en kom op Standerton voor,” het Labushagne gesê.

Sedert die dorp nie meer ’n tak van die DBV het nie, tree sy van tyd tot tyd met die DBV op Secunda in verbinding.

Daar word ook nou saam met die veeartse op die dorp gewerk.

Hulle maak werk daarvan om nie slegs vir honde en katte wat verwaarloos is ’n skuiling te reël nie, maar ook valke en uile se beskerming te verseker.

’n Onlangse geval waar ’n uitgeteerde windhond ’n veilige hawe kon kry, het oor hul pad gekom.

Northern Light Foundation (NLF) se diereskuiling by Kromdraai Kennels op die Leandra-pad het die behoefte aan diereversorging raakgesien en huisves ’n aantal diere in hokke.

Aannemingprosedures word gevolg om ’n tuiste vir diere te verseker.

Hillel Coetzer, uitvoerende hoof van NLF, het al by meer as een geleentheid gesê dat dié skuiling nie funksioneer as as ’n hawe vir mense wat bloot van hul diere ontslae wil raak of nie meer vir hulle wil sorg nie.

Labuschagne het beklemtoon dat dieremishandeling ’n kriminele oortreding is en by die polisie aangemeld moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button