Die vroue van die Wol Woeker-groep wat op Woensdag, 18 Mei handgemaakte kombersies aan al die inwoners van Residentia Palmoord Ouetehuis geskenk het, is (voor) Laurna Coetzer, Marthie van der Walt (bestuurder: Palmoord), Dolores de Jager, Ava Bodenstein en Marita Oosthuizen. Agter is Gersanda Meyer, Gloudina Velthuysen, Daniella le Roux, Rina Botha, Lulu Pienaar, Pierrie Munnik, Sterretjie Sevenster en Mariana Holzhausen.
Inwoners van Residentia Palmoord Ouetehuis was dankbaar toe die Wol Woeker-groep op Woensdag, 18 Mei, vir elke inwoner ’n kombersie geskenk het.
Die Wol Woeker-groep het dié handgemaakte kombersprojek in samewerking met die N.G. Kerk Bethal-Oosgemeente aangepak en inwoners is ook met eetgoed bederf.
Die Wol Woeker-groep het in 2020 en 2021 handgemaakte komberse aan Silwerjare Ouetehuis op Bethal en Morgenzon se bejaardes geskenk.
Marthie van der Walt, bestuurder van Residentia Palmoord Ouetehuis, het gesê dié gebaar wys dat die gemeenskap die inwoners van Palmoord raaksien.
“Dankie aan mense wat deur die Here gebruik word om ’n verskil te maak in ander se lewens,” het Van der Walt gesê.
Maryna Pretorius, ’n inwoner van Residentia Palmoord Ouetehuis, met die kombersie wat die Wol Woeker-groep op Woensdag, 18 Mei aan haar geskenk het.Hester Adams, ’n inwoner van Residentia Palmoord Ouetehuis, is bly oor die kombersie wat die Wol Woeker-groep aan haar geskenk het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!