News

Hervormers hou jaarlikse Voetspoorfees op Delmas

Regte egte basaarkos was aan die orde van die dag met kerrie en rys, pannekoek, tuisgemaakte lekkergoed en vars gebak.

Die Hervormde Kerk op Delmas het weer oudergewoonte hul jaarlikse Voetspoorfees aangebied.

Die geleentheid het op Saterdag, 4 Junie plaasgevind.

Daar was iets vir almal en oud en jonk kon die dag geniet.

Egte basaarkos was aan die orde van die dag met kerrie en rys, pannekoek, tuisgemaakte lekkergoed en vars gebak.

Aan vermaak was daar ook geen skaarste nie en die feesgangers kon hul verlustig aan die sang en musiek van kunstenaar Nico Booijse.

Tussendeur was daar bulletjierugby waaraan verskeie skole en kleuterskole deelgeneem het.

TLC-kidz van Delmas het ’n vertoning gelewer, die ‘Rolstoel Squad’ het verder vir groot vermaak gesorg.

Die Hervormde Kerk se ‘Slow Cookers’ het soos gewoonlik weer vir baie lag gesorg met hul unieke vertoning.

Die toutrekkompetisie het die manne kans gegee om hul spiere te bult.

Die span van die Lewende Woord Kerk het hier as oorwinnaars uit die stryd getree.

Daar was ook, voor die Voetspoorfees, delwerskaarte verkoop.

Na die ernstige delwery, het vier gelukkige wenners met groot pryse, naamlik koopbewyse van PicknPay ter waarde van R5 000, R2 500, R1 000 en R500 weggestap.

“Die Voetspoorfees was weer eens ’n groot sukses. Ek bedank elkeen wat deel was daarvan, die voorbereiding, die harde werk en die gemeenskap se deelname en ondersteuning,” het dr. Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk in Delmas, gesê.

“Ons sien uit na Voetspoorfees 2023.”

Laerskool Eloff se Bulletjies saam met die skoolhoof, Louise van Niekerk. (Foto: Verskaf)
Die Rolstoel Squad vermaak die feesgangers. (Foto: Verskaf)
Die toutrek-wenspan van die Lewende Woord Kerk op Delmas. (Foto: Verskaf)
Hier is die sterkmanne van die Hervormde Kerk se toutrekspan in aksie. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button