Local newsLocal sportNewsSport

Jaco Booysen en Stoffel Bester hou Standerton se naam hoog by wêreldkampioenskap

Booysen het in die jaggeweertabel (5685) tweede geëindig en Bester het die rekord in die Phoenix-afdeling van 292 uit 300 na 393 verbeter.

Twee Edelvalkers, Jaco Booysen en Stoffel Bester, het uitnemend presteer by die onlangse wêreldkampioenskap in Engeland.

Albei het in minder as 10 jaar groot hoogtes op die skietbaan bereik.

Hulle het aan die International Gallery Rifle Federation se wedywering in Bisley, Surrey deelgeneem.

Booysen wat reeds spog met Protea-kleure, en Bester het vanaf 21 Mei tot 31 Mei teen spanne van Ierland, Duitsland, Skotland en Wallis meegeding.

Die Suid-Afrikaanse span bestaande uit Booysen en Bester, Heinrich Strauss van Pretoria en Dries van Lingen van Benoni, het ’n goue medalje in die geweerskiet-afdeling verower.

’n Silwer medalje is ook in die .22-afdeling (GRSB) verower.

Bester het algeheel vyfde in dié afdeling geëindig waaraan meer as 200 skuts deelgeneem het.

Hy het ook ’n eerste plek in die Sporting Rifle-afdeling behaal.

Hulle het op 8 Januarie aan die proewe op Welkom deelgeneem, waar Booysen vyfde geëindig het, terwyl Bester as reserwe in die span ingesluit is.

Booysen het in die jaggeweertabel (5685) tweede geëindig en Bester het die rekord in die Phoenix-afdeling van 292 uit 300 na 293.11 verbeter.

Bisley is ryk aan tradisie.

“Die baanuitleg is fantasties en die baan is oop van Maandae om 13:00 tot Sondae om 17:00,” het Bester gesê.

Heinrich Strauss, Stoffel Bester, Jaco Booysen en Dries van Lingen by die wêrereldkampioenskap in Bisley. (Foto: Verskaf)

Hulle moes sekere aanpassings maak wat die humiditeit en lugdigtheid aanbetref, en die gewere van meters na jaarts instel.

Skuts in die omgewing sal op Woensdae, wanneer gholfspelers gewoonlik die baan aandurf, koffie op die skietbaan in Engeland drink en oefen.

“Hulle is duidelik in ’n ander liga,” het Booysen vertel.

Booysen en Bester het vanaf Heathrow-lughawe ’n motor gehuur om tot op Woking te ry, waar hulle tuisgegaan het.

Die weer het tydens die kampioenskap saamgespeel.

“Die weer was baie lekker en die son het geskyn,” het Booysen gesê.

“Dit was egter ’n aanpassing omdat die son eers teen 23:00 gesak het.”

“Die reën het eers die Maandag toe ons terugry lughawe toe, begin val,” het Bester gesê.

Booysen het eer aan sy Skepper vir sy talent betoon en sy familie en vriende vir hul ondersteuning bedank.

Sy broer Riaan, is uitgesonder wat die borgskappe gereël het.

Op die vraag of hy sy plafon bereik het, het Booysen bloot gesê dat daar altyd goed is waaraan jy kan werk.

Bester het gesê die geheim van ’n goeie skut is om teen jouself mee te ding en dat daar baie is om na te streef.

Stoffel Bester van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button