Local newsNews

Terra Nova Aftree-oord op Trichardt groei

Belangstellendes kan afspraak maak om na oord te gaan kyk.

Terra Nova Aftree-oord brei uit en die ontwikelaars beplan om binnekort nog een- en tweeslaapkamer-wooneenhede te bou.

Die vol titel-huise word gebou soos wat dit verkoop word en bouers werk tans aan vier van dié huise.

Dié aftree-oord het onlangs ’n koffiewinkel by die oord oopgemaak waar inwoners en hul gaste koffie en ’n stuk koek kan geniet.

Hulle het ook reeds ’n ingerigte verswakte sorg-afdeling met beskikbare kamers en ’n rolbalbaan is ook in wording by die aftree-oord.

Behalwe om ’n veilige woonplek vir seniorburgers ouer as 50 te skep, bied Terra Nova Aftree-oord ook ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite aan wat musiek en Bingo onder andere insluit.

Inwoners kan elke tweede week ’n kerkdiens bywoon as ’n predikant gedurende die week die oord besoek en ’n haarkapper is ook weekliks of op aanvraag beskikbaar om in inwoners se behoeftes te voorsien.

Belangstellendes wat wil gaan kyk hoe die oord lyk, kan Mandy Loubser skakel by 071 574 3731 of 074 000 0009 om ’n afspraak te maak vanaf Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00, op Saterdae vanaf 09:00 tot 13:00 en op Sondae vanaf 14:00 tot 17:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button