Local newsNews

Leon Pelser neem beste fotos by fotografieklub op Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 1 Julie by te woon.

Dr. Leon Pelser is die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling van die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms wat op Vrydagaand, 3 Junie plaasgevind het.

Hy het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Insense Art, ontvang asook vir sy fotos, Spill Point in die landskapafdeling en Yellow Eyelash Viper in die natuurafdeling.

Die fotografieklub se voorgeskrewe onderwerp vir Junie was Stil Lewe en die beoordelaar vir die and was Leon Jacobs.

Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, “Tafelberg” in die landskapafdeling, ontvang.

Peter Winnan se foto, Incoming Storm, was die beste onder die senior fotograwe en Gerrit Myburgh se foto, Ready for Tea, was die beste onder die junior fotograwe.

Beide dié fotograwe het ook sertifikate van meriete vir dié fotos ontvang en Winnan het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Dullstroom at Night in die landskapafdeling en Running Cheetah in die natuurafdeling ontvang.

James Harris het ’n sertifikaat vir meriete vir sy foto, “It is my Place” in die natuurvoëls-afdeling ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is James Harris vir sy fotos, It is my Place in die natuurvoëls-afdeling en Cape Cobra en Eye Lash Viper in die natuurafdeling en Adoons in die pikturale afdeling, Johan Coetzee vir sy fotos, Dark Clouds Aberdeen in die landskapafdeling, Crop Duster Take-off in die tweekleurige foto-afdeling en Beach Landing Hold on Tight in die foto-joernalieke afdeling, Louis van der Walt vir sy fotos, Cloudy Amber Falls in die landskapafdeling, Baby Yodo in die pikturale afdeling en Lego-dynamics Wind Tunnel in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Danie Smit vir sy fotos, Tafelberg in die landskapafdeling, Victoria Wharf Mall in die tweekleurige foto-afdeling, Bloublasie Maaltyd in die natuurafdeling, Mezquita Arches in die pikturale afdeling en Toonbrode in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Hanno de Beer vir sy fotos, Long Distance Swimmer en Tackle Time or Try Time in die tweekleurige foto-afdeling, Johan Viljoen vir sy fotos, Block the Ball en In for a Try in die pikturale afdeling, Sussa Pelser vir haar fotos, Regrets in die pikturale afdeling en Pomegrante Fruit 2 in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling en Lorraine Botha vir haar foto, George Cathedral in die pikturale afdeling.

Peter Winnan het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, “Dullstroom at Night” in die landskapafdeling ontvang.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 1 Julie om 18:00 vir 18:30 by die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon en meer van fotografie te leer.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button