Local newsNews

Afslaers spreek Bethal VLU-tak toe

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Augustus by te woon.

Willem Faure en Hester Stock van Mpumalanga Lewenshawe en Afslaers, het vroue van die Bethal VLU-tak op Dinsdag, 14 Junie toegespreek en meer van sosiale media en bemarking vertel.

Faure het gesê Facebook is op dié stadium die mees gerieflikste advertensie-medium vir veilings.

“Facebook het twee biljoen gebruikers en hulle verkoop jou inligting aan ander maatskappye,” het Faure gesê.

“Baie mense dink dit is nie so nie, maar dit is. Toe jy op die terms en voorwaardes gekliek het om ’n Facebook-profiel oop te maak, het jy toestemming gegee.

“Google hou jou ook dop, as jy byvoorbeeld by Google ingesleutel het dat jy belangstel in ’n sekere voertuig, die volgende dag, kry jy net advertensies van daardie spesifieke voertuig op Facebook.

“Facebook het sowat 1 200 bladsye van elke persoon se inligting op hul rekords, hulle volg jou en gebruik dit vir bemarkingsdoeleindes.”

Hy het vertel dat dit goed is vir bemarking vir veilings omdat ’n mens nou deur middel van Facebook, spesifieke gebiede of groepe kan teiken wat ’n mens wil hê moet jou advertensie sien.

Die Bethal VLU-tak het nie in Julie ’n vergadering nie weens die skoolvakansie, maar hulle sal op Dinsdag, 16 Augustus weer vergader.

Dié vergadering begin om 13:30 in die N.G. Kerk Bethal-Oosgemeente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button