Die bekende vermaaklikheidspersoonlikheid, Johan Brummer, beter bekend as Fatman, is een van die sangers wat op Woensdag, 6 Julie by die Val Boeredag gaan optree.
Hy was een van die deelnemers in die tweede seisoen van die televisieprogram, The Voice SA, en die kykers was gaande oor hom.
Sy eerste enkelsnit, Boom Baby, is deur verskeie kunstenaars wat Johan Vorster, Appel, Roux Cloete en Niel Schoombee insluit, geskryf.
Fatman het nog altyd gestreef na ’n loopbaan in musiek en sy pa was ook ’n musikant.
Hy het musiek studeer en later musiek aangebied as vak terwyl hy in plaaslike optredes opgetree het.
The Voice SA het vir hom die deure in die musiekbedryf wyer oopgemaak.



