Local newsNews

Sopkombuis op Standerton het nuwe sjef

Sy het vir sowat vier jaar in die kombuis van ’n hotel op Welkom met ontbyt, middagete en aandete reggestaan.

Kasselman Veiligheidsdienste se sopkombuis op Donderdae het nou ’n nuwe sjef.

Amanda Phyffer is geen groentjie as dit by kosvoorbereiding kom nie.

Sy het vir sowat vier jaar in die kombuis van ’n hotel op Welkom met ontbyt, middagete en aandete reggestaan.

“Ek is in die diepkant ingegooi en moes leer,’ het Amanda gesê.

Die grootste getal mense wat sy voor moes regstaan, was 85.

KVD se sopkombuis is ’n vulletjie.

Na die dood van haar man, Lourens in 2019, het haar seun, Nicky in die huwelik getree en is sy ’n trotse ouma van drie kleinkinders.

“Ek wil mense help en in die gemeenskap betrokke raak,” het sy mee afgesluit.

Altesaam 285 mense in nood is verlede Donderdag van kos bedien.

Amanda Phyffer van Standerton berei nou die maaltye by die sopkombuis voor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button