Local newsNews

Laerskool-dogter van Secunda kry langverwagte oogoperasie

Gesin maak genoeg geld bymekaar vir operasie en bedank gemeenskap.

Lamaine van Rooyen (10) het uiteindelik die oogoperasie wat sy al so lank benodig, op Maandag, 11 Julie gekry.

Beide Lamaine se oë hang sedert haar geboorte en haar ma, Bronwyn Botha, het gedink dit sal vanself regkom, maar dit het net vererger.

Dit het so erg geword dat sy begin sukkel het op skool en haar punte begin val het.

Dit is toe dat haar ouers besluit het om hulp te kry en hulle het Lamaine na ’n oogspesialis geneem wat gesê het sy moet aan beide oë operasies ondergaan.

Die gesin het egter nie ’n mediese fonds nie en moes eers genoeg geld ingesamel het sodat Lamaine vir die operasie kon gaan.

Haar linkeroog is in die Centurian Ooghospitaal geopereer en die spesialis meen nou dit sal dalk nie nodig wees om haar regterogie ook te opereer nie.

“Die dokter het gesê as die regterogie nie begin hang of sak nie, is dit nie nodig vir haar om te gaan vir nog ’n operasie nie,” het Botha gesê.

Lamaine is by die huis en sterk aan en sal moontlik dié week reeds weer kan teruggaan skool toe.

Haar ouers het die gemeenskap, ondernemings en almal wat gehelp het en bygedra het tot die operasie en om vir Lamaine te help, bedank.

ALSO READ: 10-jarige van Secunda sukkel op skool weens swak oë

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button