Local newsNews
Ouetehuis op Standerton hou dankdiens na Val Boeredag
Dié diens is na afloop van die suksesvolle geldinsamelingsinisiatief by die Val Boeredag as belangrik geag.
Kosmos Aftree-oord het op Woensdag 17 Julie in die groot sitkamer ’n dankdiens gehou.
Dié diens is na afloop van die suksesvolle geldinsamelingsinisiatief by die Val Boeredag as belangrik geag.
Sowel ds. Bennie Marais van die N.G. Kerk op Charl Cilliers, as ds. Wihahn de Beer van die N.G. Moedergemeente, het verrigtinge gelei.
Ds. De Beer het die gemeenskap vir hul bydraes bedank.
Die bestuurder, Sanpat Coetzee, het benadruk dat voorbereiding, arbeid, ondersteuning en donasies alles bygedra het om dinge goed te laat verloop.
Louise Visagie wat aan die stuur van sake gestaan het, is in besonder bedank.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



