Local newsNews

Herman Bronkhorst vier 16de verjaarsdag

Daar is nie verwag dat hy die ouderdom van sewe sou haal nie.

Herman Bronkhorst het op Dinsdag 12 Julie sy 16de verjaardag gevier.

Geklee in ’n goudgeel hemp, het ouma Grace Bronkhorst hom strate toe geneem in sy nuwe, elektroniese rolstoel.

’n Familielid het ’n kontantbydrae gemaak en daar is op pizzas besluit.

“As hy later iets anders wil eet, sal ons weer die pad vat,” het ouma Grace gesê.

Volgens haar het die dokter by sy diagnose met Duchenne Muscular Dystrophy ’n donker prentjie geskets.

Daar is nie verwag dat hy die ouderdom van sewe sou haal nie.

Seriti het onlangs die nuwe rolstoel geskenk en volgens Grace, gaan dinge vlot met die hystoestel wat hom uit sy bed tot in die rolstoel stewig kry.

“Ek is dankbaar vir almal wat ’n bydrae gelewer het,” het sy mee afgesluit.

“Dit is Herman wat my aan die gang hou.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button