Rimpeleffek van bosting op Swart-gesin van Standerton, Chantelle ontslaan uit hospitaal
Die botsing wat Brian se lewe geëis het, het met die terugkeer gebeur nadat hulle voertuig teen ’n aankomende voertuig gebots het.
Chantelle Swart is die afgelope week uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by haar suster in Pretoria, terwyl klein Zimoné rehabiltasie ontvang in Kensington, Johannesburg.
Die Standerton Advertiser was ook op Donderdag 21 Julie in verbinding met haar om die omvang van hulle rehabilitasie te bepaal.
‘n Ongeluk op 8 Julie waarin hulle, sowel as haar ander dogter, Zuané betrokke was, se rimpeleffek kan gevoel word.
Hulle was saam onderweg na Platrand om haar vriend, Brian van der Schyff se dogter en haar vriend, Ewert Ceronia op ‘n plaas te gaan haal.
Die botsing wat Brian se lewe geëis het, het met die terugkeer gebeur nadat hulle voertuig teen ‘n aankomende voertuig gebots het.
Chantelle onthou net dat sy buite die motor haar bewussyn herwin het.
Sy het albei bene gebreek, sleutelbeen en boarm beseer, terwyl Zimoné ernstige beserings opgedoen het.
Zuané het kneus- en skraapwonde opgedoen, is vir ‘n kort tydperk in die Standerton Hospitaal opgeneem en daarna ontslaan.
Zimoné is op 21 Julie na die Kensington Rehabilitation Centre oorgeplaas.
Ma en dogter het vir etlike dae langs mekaar in die intensiewe eenheid van die hospitaal gelê.
“Die personeel en dokter is fantasties,” het Chantelle gesê.
Haar seun, Bradley, Zuané en ander dogter, Zanika woon tans by ‘n vriendin in Meyerville.
Bianca van der Schyff het haar regterbeen en -boarm gebreek en is daarna ontslaan,
Ewert Ceronio het vier van sy limbale werwels gebreek, kompressiefakture opgedoen,’n breinskandering ondergaan en is in die intensiewe eenheid van die Sunshine Hospitaal.
Chantelle het haar selfoon, beursie en handsak verloor en enigeen wat dit dalk mag optel, kan dit by Burgerstraat 13B kom afgee.
Die ma van vier het vir die eerste keer in haar lewe ‘n kind se verjaarsdag misgeloop, toe Zuané die afgelope week haar 12de verjaarsdag gevier het.
Die koerant het weer op Vrydag 22 Julie met Perdekop Polisiestasie in verbinding getree en bevestiging gekry dat ‘n saak geopen is.
Brian van der Schyff se begrafnisdiens sal op 29 Julie om 11:00 in die AGS Kerk in Florapark plaasvind.



