Local newsNews

Bethal VLU gee terug aan gemeenskap

Vroue beplan om in November weer uit te reik na behoeftiges.

BETHAL – Die plaaslike VLU-tak het besluit om jaarliks ’n bedrag geld aan ’n liefdadigheidsorganisasie in die omgewing te skenk.

Dié tak het onlangs R2 500 aan die sopkombuis op Bethal geskenk.

Hulle het ook besluit om in November, voor die feestyd, weer skenkings te maak aan behoeftige gesinne op Bethal.

Die VLU is ’n organisasie vir vroue waar oud en jonk kan leer hoe om handwerk-artikels te maak, naaldwerk te doen, te brei en hekel en selfs hoe om te bak en brou.

Die VLU vergader maandeliks op ’n gesellige wyse en belangstellendes is welkom om hul volgende vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel die voorsitter, Annette Greyvenstein by 082 828 6459 of die sekretaresse, Tjoekie Nel by 082 659 4103.



LEES OOK: 

Secunda Mall and fitness centre raise money for charity

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button